Skip to main content
Welkom by Moadim Bedieninge. Ons fokus op Elohim se vaste tye (moadim), wat hulle vir ons leer omtrent Yashua (Jesus) en ons verlossing en saligheid, hulle betekenis en belang om Skriftuurlike profesieë te verstaan. Sal u asseblief vir ons terugvoering gee oor ons webwerf? Enige terugvoer, positief of negatief, is welkom. Baie dankie. Seëngroete en shalom! Die Moadim-span

Torah Klub


Ek wil julle graag bekendstel aan Madeleine van Heerden wat 'n Torah Klub behartig. Sy stuur verskeie Torah-studies uit met epos op 'n weeklikse basis.

Ek kan haar Torah Klub aanbeveel. Haar benadering is goed gebalanseerd en nugter en sy het 'n sagmoedige gees.

Jy kan inskryf vir die Afrikaanse en/of Engelse studies.
(Daar is selfs inkleurprente vir die kinders!)

Vir meer inligting en om in te skryf gaan na http://www.nuwelied.info

("Nuwelied" is die Afrikaanse Hebreuese Wortels bediening van Johan en Rachelle Kriel.
Jy kan ook inskryf vir hul weeklikse leringe). 

Nuwe Torah-siklus

Ons het die Torah-siklus vir die nuwe jaar opgedateer.

Die volgende handige inligting word aangedui:  

  1. Die nommers van die parashot vanaf 1 tot 54,
  2. Die betekenis van die naam in Afrikaans,
  3. Leesgedeeltes vir die moadim (vasgestelde tye),
  4. Boeke wat tradisioneel gelees word by sekere moadim en gedenkdae.

Kliek op die blokkie links bo. Shalom.

Updatering: SA Hebrew Roots groep verander hul naam

Ons wil graag vir Rob Hackenbruch van die SA Torah followers group bedank vir die verandering van die naam van hul groep (hul groep se naam het "SA Hebrew Roots bevat). 'n Paar van ons het beswaar gemaak omdat hulle nie in Jeshua as die Messias glo nie, en hy het besef dit is misleidend. Hy het soos volg op sy facebook bladsy geskryf:

Assosiasie van Messiaanse / Nazareense / Torah-studie groepe

'n Groot probleem in die Messiaanse gemeenskap is dat daar soveel los groepe is. Elkeen doen sy eie ding en glo wat hy wil, dis hoekom mense so maklik begin dwaal:

Eph 4:11-14 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van die Gesalfde, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van Elohiem, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van die Gesalfde; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

Syndicate content