Skip to main content

Omtrent Moadim Bedieninge

Moadim Bedieninge is ‘n Messiaanse bediening wat in 2009 gestig is met die doel om die Liggaam van Jeshua te bedien. Ons bedien vanuit ‘n Messiaanse perspektief, maar ons bediening is nie beperk tot Messiaanse gelowiges nie.

Ons glo dat die hele Skrif deur Elohiem vir ons gegee is, dat die hele Skrif belangrik is en dat die hele Skrif geleer moet word (2 Tim 3:16). Ons glo dat Torah die basis vorm van die Skrif en dat Jeshua dit vervul het. Hy het gekom om die Torah te bevestig en nie om tot niet te maak nie (Mat 5:17).

Moadim Bedieninge is ‘n Skriftuurlike leringsbediening wat lief is om die vasgestelde tye, in Hebreeus bekend as moadim, te vier. Ons glo dat die moadim belangrik is en ‘n seën is, omdat hulle afsprake met die Vader is (Lev 23:2). Hulle is ook profeties en wys na Jeshua. Ons wil dus graag alle gelowiges aanmoedig om hulle te vier. Ons geniet dit ook om tydens die feeste te dans en sou graag wou sien dat meer mense hierdie vreugdevolle ervaring saam met ons deel.

Ons wil Christene inlig omtrent die waarheid oor die Messiaanse beweging en leuens en mites stopsit.