Inhoud
· Omtrent Moadim Bedieninge 3
· Ons Visie 4
· Ons Missie 4
· Ons Waardes 4
· Bediening besonderhede: 5
· Verantwoordbaarheid 6
· Uitnodiging 8
Omtrent Moadim Bedieninge
Moadim Bedieninge is ‘n Messiaanse bediening wat in 2009 gestig is met die doel om die Liggaam van Jeshua te bedien. Ons bedien vanuit ‘n Messiaanse perspektief, maar ons bediening is nie beperk tot Messiaanse gelowiges nie.
Ons glo dat die hele Skrif deur Elohiem vir ons gegee is, dat die hele Skrif belangrik is en dat die hele Skrif geleer moet word (2 Tim 3:16). Ons glo dat Torah die basis vorm van die Skrif en dat Jeshua dit vervul het. Hy het gekom om die Torah te bevestig en nie om tot niet te maak nie (Mat 5:17).
Moadim Bedieninge is ‘n Skriftuurlike leringsbediening wat lief is om die vasgestelde tye, in Hebreeus bekend as moadim, te vier. Ons glo dat die moadim belangrik is en ‘n seën is, omdat hulle afsprake met die Vader is (Lev 23:2). Hulle is ook profeties en wys na Jeshua. Ons wil dus graag alle gelowiges aanmoedig om hulle te vier. Ons geniet dit ook om tydens die feeste te dans en sou graag wou sien dat meer mense hierdie vreugdevolle ervaring saam met ons deel.
Ons wil Christene die waarheid leer omtrent die Messiaanse beweging en leuens en mites stopsit. Ons wil ook verhoudings opbou met kerke.
Ons Visie (Einddoel)
Berei die Weg van Elohim
deur die Torah van Jeshua te verkondig
Ons sien mense van die Weg as ‘n gemeenskap van gelowiges wat Jeshua navolg.
Ons sien mense wat geseën word omdat hulle gehoorsaam is aan God se Woord.
Ons sien ‘n Bruid wat gereed is om haar Hemelse Bruidegom te ontmoet.
Ons Sending (Doel)
Om die Liggaam van Messias toe te rus, te dien en te ondersteun.
· Leringbediening: Lerings en Bybelstudies vanuit ‘n Messiaanse perspektief.
· Messiaanse dans en Skriftuurlike feeste (Moadim) bediening
· Uitreikbediening: help met die vestiging van Woordstudiegroepe en gemeentes
· Inligtingsbediening: Webgebaseerde gemeenskapsskennisgewingbord
Ons Waardes
· Liefde: Ons bedien vanuit ‘n hart vol liefde vir God en vir ander mense.
· Waarheid: Alles wat ons leer of preek moet gebaseer wees op God se Woord.
· Nederigheid: Ons is nie volmaak nie en ons weet ook nie alles nie.
· Gehoorsaamheid: Ons is lief vir Jeshua, daarom gehoorsaam ons Sy gebooie.
· Eenheid in diversiteit: Ons erken en aanvaar die diversiteit in die Liggaam van Jeshua. Ons beskou hulle as medegelowiges en ons is lief vir hulle en respekteer hulle, ook diegene met wie ons nie saamstem nie.
Bedieningsbesonderhede
(Let wel: sekere items onder ontwikkeling en nog nie beskikbaar nie)
· Uitreikingsbediening:
Help met die vorming van Messiaanse studiegroepe en gemeentes
Sabbatdienste
Messiaanse geleenthede (“events”) en kampe
· Woordbediening:
Leringe en Bybelstudies vanuit ‘n Messiaanse perspektief.
Onderwerp-studies: Sabbat, Torah, eindtye ens.
Internet-sendeling – weerlê leuens en misleidings, teen-antwoorde op pogings om die Messiaanse beweging en Israel te demoniseer.
· Bybelstudie hulpmiddels
Jaarlikse Bybelstudie program – volgens die Parashot
Opsomming van die Skrif (Studie-hulp)
Aanlyn-studiehulpbronne
· Skryf van ’n Interaktiewe Studiebybel
Herstel van name en verwydering van ongemagtigde generiese titels
Regstel van onakkuraathede en misleidende invoegsels
Nie-strydigheid (consistency) in vertaling
Nie-misleidende kommentaar
(Sal vrylik beskikbaar wees op webwerf en as ’n e-sword module.
Dis ’n interaktiewe projek: insette word verwelkom en waardeer).
· Webgebaseerde Inligtingsbediening
Hulpbronne om Torahstudiegroepe en gemeentes te begin.
Gemeenskapskennisgewingbord: mark, nuusbriewe, gebedsversoeke ens.
· Messiaanse Danse en Skriftuurlike Feeste (Moadim) Bediening
(onder die leiding van Lorraine Coetzee)
Messiaanse danse gedurende die Moadim en ander feeste.
Die aanbieding van Skriftuurlike feeste (Moadim) en geleenthede (“events”)
Leringe omtrent die Moadim
Verantwoordbaarheid
Ek glo sterk daaraan dat bedienaars deel van ‘n gemeente behoort te wees en verantwoordbaar is. My geestelike tuiste is Beit Jezreel, ‘n Messiaanse gemeente in Muizenberg, Kaapstad.
Persoonlik en ook as leier van Moadim Bedieninge onderwerp ek myself aan die geestelike leierskap van hierdie gemeente.
Die pastoor se naam is Erny Oertle en u kan hom kontak by 073 101 8909
of erny@telkomsa.net. Moadim Bedieninge opereer met hul seën en ondersteuning.
Uitnodiging
Ons weet uit ons daaglikse omgang met gelowiges, sowel as uit webwerf-analise van besoekers op ons webwerf en e-posse wat ons ontvang, dat daar ‘n besliste behoefte is vir Messiaanse hulpbronne en leringe. Ons poog om d.m.v. ons bedieninge, soos uiteengesit onder “Bedieningsbesonderhede”, in hierdie behoefte te voldoen.
Die bediening is egter ’n spanpoging en ons benodig u ondersteuning.
Sal u dit asb biddend oorweeg om Moadim Bedieninge te ondersteun?
1. Gebed
Ek het gebed nog altyd beskou as die mees belangrikste ondersteuning vir enige bediening. Ons neig gewoonlik om meer besorgd te wees oor geld omdat ons dit benodig om in ons onmiddelike fisieke behoeftes te voorsien, maar sonder gebed is daar geen salwing nie, geen krag nie, en geen lewe nie.
Ons is op soek na gebedskrygers wat deurlopend sal intree vir die bediening en almal wat daarby betrokke is. Ons benodig die skild van gebed vir beskerming en die leiding en salwing en krag van die Ruag HaKodesh. Ons benodig voorbidders vir wie ons kan kontak vir spesiale gebedsversoeke en noodgevalle.
2. Finansiële ondersteuning
Finansiële ondersteuning, net soos gebedsondersteuning, is noodsaaklik vir die bediening. Sonder genoegsame finansiële ondersteuning kan ek nie voltyds bedien nie.
Terloops, dit is ‘n Skriftuurlike beginsel om diegene te ondersteun wat in die bediening is:
So het die Meester ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe. (1 Kor 9:14)
3. Ander ondersteuning
Alle ondersteuning word verwelkom en waardeer.
Kliek hier om die aanlyn antwoordvorm te gebruik indien u ons wil ondersteun.
Baie dankie dat u met ons saamwerk om die Weg vir Elohim voor te berei,
mag Hy u ryklik seën!



