Vir meer as ‘n jaar het ek amper al my vrye tyd (saans, naweke en vakansies) spandeer aan die bediening se webwerwe. Webwerf-analise van besoekers en e-posse wat ons ontvang wys dat daar ‘n besliste behoefte is vir Messiaanse hulpbronne. Mense vra ons ook uit omtrent Messiaanse groepe en gemeentes.
Dit is in antwoord op hierdie behoefte en roeping dat ek in geloof in die voltydse bediening gaan. God het die tydsberekening ook bevestig deur Sy Gees, instruksies en omstandighede.
Sal u dit asseblief biddend oorweeg om my te ondersteun in die voltydse bediening?
- Gebed
Ek het gebed nog altyd beskou as die mees belangrikste ondersteuning vir enige bediening. Ons neig gewoonlik om meer besorgd te wees oor geld omdat ons dit benodig om in ons fisieke behoeftes te voorsien, maar sonder gebed is daar geen salwing nie, geen krag nie, en geen lewe nie.
Ons is op soek na gebedskrygers wat deurlopend sal intree vir die bediening en almal wat daarby betrokke is. Ons benodig die skild van gebed vir beskerming en die leiding van die Heilige Gees. Ons benodig voorbidders vir wie ons kan kontak vir spesiale gebedsversoeke en noodgevalle.
- Finansiële ondersteuning
Ek is op soek na medewerkers om my te stuur om die Woord van Yahweh te verkondig:
Rom 10:13-15 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie?
En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie?
En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?
En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie?
Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!
Finansiële ondersteuning, net soos gebeds-ondetsteuning, is noodsaaklik vir die bediening. Dit is dan ook ‘n Skriftuurlike beginsel om diegene te ondersteun wat voltyds in die bediening is:
So het die Meester ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe. (1 Kor 9:14)
Kliek hier om die aanlyn antwoordvorm te gebruik indien u ons wil ondersteun.
Baie dankie dat u met ons saamwerk om die Weg vir Elohim voor te berei,
mag Hy u ryklik seën!



