Skip to main content

Verwysings en aanbevelings

(Afskrifte van oorspronklike briewe op versoek beskikbaar)

Ek ken Gerhard al vir omtrent 40 jaar, was sy Sondagskool Superintendent vandat hy baie jonk was. Hy was baie oplettend en wou graag meer weet van die Here. 

Vandag leer hy my meer omtrent die Woord van God, veral die dieper dinge soos die Hebreeuse wortels van ons Christelike geloof.

Ek het geweet dat hy dit in hom het om vir God te werk as ‘n Bybelonderwyser, dus was dit ‘n aangename verrassing vir my om uit te vind dat hy in die voltydse bediening gaan. Lering, volgens die Bybel, is baie belangrik. Ons het meer onderwysers nodig.

Jou broeder in Christus, Frans Prezens (vry vertaal uit Engels)


Ek, Drieka Oberholster, was superintendent by die Lewende Waters gemeente (PPK) op Hermanus.

Gerhard Groenewald was ‘n onderwyser in die Bybelklas, en het vir elke Sondag ‘n baie goeie les vir sy klas voorberei.

Hy het dit ook vreeslik geniet en ek sal hom enige tyd aanbeveel om in die bediening te gaan.

Vriendelike groete, Drieka Oberholster