Skip to main content

Ons Visie, Sending en Waardes

Ons Visie (Einddoel)

Berei die Weg van Elohim deur die instruksies (Torah) van Jeshua te verkondig

Ons sien mense van die Weg as ‘n gemeenskap van gelowiges wat Yeshua navolg.

Ons sien mense wat seëninge ervaar omdat hulle gehoorsaam is aan God se Woord.

Ons sien ‘n Bruid wat haar Hemelse Bruidegom liefhet 
en gereed is om Hom te ontmoet.

 

Ons Sending (Doel)

Om die Liggaam van Messias toe te rus, te dien en te ondersteun.

Om Torah aan die nie-Jode bekend te stel.

  • Leringbediening: Lerings en Bybelstudies vanuit ‘n Messiaanse perspektief.
  • Messiaanse dans en bediening van Skriftuurlike feeste (Moadim)  
  • Uitreikbediening: Help met die vorming van Woordstudiegroepe en gemeentes
  • Inligtingsbediening: Webgebaseerde gemeenskapsskennisgewingbord

 

Ons Waardes

  • Liefde: Ons bedien vanuit ‘n hart vol liefde vir God en vir ander mense.
  • Waarheid: Alles wat ons leer of preek moet gebaseer wees op die Woord van God.
  • Nederigheid: Ons is nie volmaak nie en ons weet ook nie alles nie.
  • Verdraagsaamheid: Altyd tegemoetkomend, maar nooit toegewend vir die verkeerde nie.
  • Gehoorsaamheid: Ons is lief vir Yeshua, daarom gehoorsaam ons Sy gebooie.
  • Eenheid in diversiteit: Ons erken en aanvaar die diversiteit in die Liggaam van Yeshua. Ons beskou hulle as medegelowiges en ons is lief vir hulle en respekteer hulle, ook diegene met wie ons nie saamstem nie.